Gallery Update
RIVERSDAL NUUS - Pitty en Vena het reeds ’n reeks behandelings gehad en lyk stukke beter. Pitty lug weer sy kop op en is sommer meer lewendig.
Vena se pels het goed te herstel. Daar is ’n groot verbetering in hulle toestand nadat Sandra Lotz die voorsitter van Community Animal Rescue Society (CARS) ingegryp het.
Dié veghonde (Pit bull) reun en teef is deur Lotz na 'n plaaslike dierekliniek geneem vir behandeling. By die kliniek is dit bevestig dat die soort 'brandsiek' wat die honde het sarcopitc mange is.
Dit kan aan mense oorgedra word. Pitty en Vena is deur hul eienaar getrou na die dierekliniek geneem om gebad, gedip en behandel te word.
In so geval word daar 'n reëling tussen CARS, die eienaar en die dierekliniek gemaak.
Die kliniek se kostes moet steeds betaal word. Die nie-winsgewende organisasie het steeds die publiek se hulp nodig. Jy kan as vrywilliger aansluit en hoef nie voltyds beskikbaar te wees nie.
Indien jy 'n donasie kan maak of vrywilliger kan wees skakel Sandra Lotz by 082 962 1831.
Lees 'n vorige artikel: Pitty en Vena kry 'n tweede kans
'Ons bring jou die nuutste Riversdal, Hessequa nuus'