Gallery
RIVERSDAL NUUS - Asemrowende meesterstukke. Dit was die reaksie van inwoners wat van verlede Woensdag af tot Vrydag die tentoonstelling van kwilt- en handwerk in die kerkgebou en -saal van die NG Kerk Riversdal-Wes gaan besigtig het.
Die plaaslike kwiltgroep Sleeping Beauty Kwilters het dit georganiseer. Sonette Burger, 'n lid van dié groep, het aan Suid-Kaap Forum vertel dat meeste van die handwerk soos kunswerke is.
"Nie net is dit 'n tydrowende oefening om kwilt- en handwerk te borduur nie, maar die materiaal wat byvoorbeeld vir van die kwiltwerk gebruik word, word ingevoer en is van duursame gehalte. Die hoogstaande kwaliteit van dié stukke maak dit gesogte versamelaarsitems wat duisende rande werd is."
FOTOGALERY: Kwilttentoonstelling op Riversdal verstom
Hugo Redelinghuys het die foto's vir Suid-Kaap Forum gaan afneem.
Sonette Burger staan by van die kwiltwerke wat oor die kerkbanke gedrapeer is.
‘Ons bring jou die nuutste Tuinroete, Hessequa, Karoo nuus’