RIVERSDAL NUUS - Van die mooiste kwilt-, borduur-, brei- en hekelwerk sal te siene wees by die Sleeping Beauty Kwilters se uitstalling wat Woensdag 11 Oktober in die kerkgebou en -saal van die NK Kerk Riversdal-Wes in Heidelbergweg in Riversdal begin.
Die uitstalling duur tot Saterdag 14 Oktober en besigtigingstye is van 10:00 tot 16:00.
Toegang is gratis. Daar sal ook ligte etes, tee, koffie, sappe en koeldranke te koop wees in die teetuin. Daar is ook gratis parkering op die kerkterrein beskikbaar.
Sleeping Beauty Kwilters is vanjaar 21 jaar oud en die tema van hul uitstalling heet "Van toeka tot nou."
Vir meer inligting oor die uitstalling kan Esther Snyman by 072 612 3284 of Sonette Burger by 083 3505 999 gekontak word.
Foto: Unsplash
‘Ons bring jou die nuutste Tuinroete, Hessequa, Karoo nuus’