Gallery
HEIDELBERG NUUS - Heidelberg se jaarlikse jeugfees, die “Proe Bietjie Jeugkunstefees” het weer vanjaar die lig gesien na dit verlede jaar deur die Covid-19 pandemie gekortwiek was.
Ten spyte daarvan dat die fees aan streng Covid-19 regulasies moes voldoen, was dit ’n reuse sukses omdat nuwe talent ontdek is.
Die hooforganiseerder, Annelene Hartnick het haar dank aan almal wat deel uitgemaak het aan die fees se sukses, of dit finansieël, deelname of net bywoning was, uitgespreek.
Fotogalery: Proe Bietjie Jeugkunstefees
“’n Spesiale dank aan Hessequa-munisipaliteit en Hessequa Explorers Garden Route vir hul finansiële bydrae, asook die twee besighede wat vir akkomodasie en verversings gesorg het.”.
Lees meer in Suid-Kaap Forum en aanlyn.
'Ons bring jou die nuutste Heidelberg, Hessequa nuus'