HESSEQUA NUUS - Die reënmeters bly leeg en streng waterbeperkings is reeds ingestel.
Herman Myburgh, besproeingsbestuurder noem aan Suid-Kaap Forum in 'n persoonlike onderhoud dat 2017 met 'n totale reënval van 615 mm afgesluit is.
"Dit is sowat 200 mm minder vir die jaar wat onder gemiddeld is. Die Korentepoortdam se vlak is tans op 50 persent en volgens die minister van waterwese word ons verplig om 20 persent water te bespaar."
Volgens die Korentepoortdam reënvalregister was 2009 dié jaar met die minste reënval sedert 1993.
Die jaartotaal vir 1993 was 753 en slegs 478 vir 2009.
“Die erge droogte van 2009 en 2010 het watervoorsiening bemoeilik.
"Reënpatrone verskil elke jaar en dit is moeilik om vas te stel wanneer ons wel reën sal kry."
Lees meer in Donderdag se Suid-Kaap Forum, asook aanlyn.
ARTIKEL: SAN-MARIÉ CRONJÉ, SUID-KAAP FORUM-JOERNALIS
'Ons bring jou die nuutste Hessequa nuus'