Gallery Update Video
STILBAAI NUUS - Die opgewondenheid het Woensdag 20 Junie hoog geloop by die NSRI Stasie 31 toe hulle vroeg ingelig is dat hul langverwagte groter en sterker boot uit die Kaap vertrek het en op pad is na sy nuwe tuiste.
'n Paar ure later het die 8,5 m, Colorpress Rescuer, by die hawe aangekom en het die personeel hul jare lange boot, die Spirit of St Francis vaarwel toegeroep toe dit met dieselfde vragmotor terug is Kaap toe. Die 'nuwe' Colorpress Rescuer het reeds nege jaar diens in Knysna gedoen, maar is soos nuut nadat dit heeltemal oorgedoen en reg is vir ten minste nog 10 jaar se diens.
Dit is toegerus met twee 200 perdekrag-enjins en moderne elektroniese toerusting, waaronder die nuutste tegnologie, globale posisioneringstelsels en ook 'n satelietopsporingstelsel.
Volgens Mark Hughes, die NSRI se uitvoerende direkteur van operasies, is die Colorpress Rescuer toegerus met die jongste tegnologie wat tans deur die NSRI gebruik word. Graeme Harding, opleidings- en ontwikkelings-fasiliteerder het goeie herinneringe, aangesien hy vir jare agter die Colorpress Rescuer se stuur by Knysna was.
Hy het dadelik met die opleiding van die personeel begin sodat hulle presies kan weet hoe die groter boot werk.
Van links is Debbie Fraser, Elaine Hardy, Frances Coetzee, Lian Combrinck, Arrie Combrinck, Mark Hughes, Rohan Scott en Charl Haupt. Voor is Graeme Hardy (NSRI-hoofkantoor), Gert du Plessis, Danie Gerryts en George Sabbagha (tweede in bevel by Stasie 31). Foto's: Elza Thiart-Botes, korrespondent
Die stasiebe-velvoerder van Stasie 31, Arrie Combrinck, het gesê dat die stasie verheug en dankbaar is oor die groter en sterker boot en dat dit positief daartoe bydra om hul taak, naamlik om lewens te red, te vergemaklik.
Kyk 'n video hieronder: