Gallery Video
STILBAAI NUUSFLITS EN VIDEO - Groot opgewondenheid het Woensdag 20 Junie by NSRI Stilbaai, Stasie 31 geheers toe hulle ingelig is dat hul langverwagte groter en sterker boot uit die Kaap vertrek en na hul nuwe tuiste onderweg is.
Die 'nuwe' Colorpress Rescuer, is nie 'n nuwe boot nie en het reeds nege jaar diens gedoen in Knysna.
Dit is egter heeltemal oorgedoen en reg vir ten minste nog 10 jaar diens.
Die 8.5 meterlange boot, Colorpress Rescurer het 'n paar ure later by Stilbaai-hawe arriveer.
Die NSRI se opleidings- en ontwikkelingsfasiliteerder, Graeme Harding het jarelange ondervinding agter die Colorpress Rescuer se stuur by Knysna en het dadelik met die opleiding van die personeel begin, sodat hulle presies kan weet hoe die groter boot werk.
Lede van Stilbaai se Stasie 31-span gereed om die nuwe boot te leer ken. Van links is Debbie Fraser, Elaine Hardy, Frances Coetzee, Lian Combrinck, Arrie Combrinck (Stasiebevelvoerder), Mark Hughes (NSRI-hoofkantoor), Rohan Scott en Charl Haupt. Voor van links is Graeme Hardy (NSRI-hoofkantoor), Gert du Plessis, Danie Gerryts en George Sabbagha (tweede in bevel by Stasie 31).
Kyk 'n video hieronder:
Lees meer in Suid-Kaap Forum, asook aanlyn.
'Ons bring jou die nuutste Stilbaai, Hessequa nuus'