Gallery Update
WITSAND NUUS - Oor die jare heen is die Kraaltjie-lanseerplek 'n landmark waarvan so baie besoekers en gebruikers van die rivier afhanklik is.
Dit is hierdie tipe infrastruktuur wat sentraal in Witsand staan om sy aanloklikheid en bekoring te hou sodat toerisme en inwoners gelok kan word.
Die Kraaltjie is 'n paar jaar gelede deur Hessequa-munisipaliteit opgegradeer. Onlangs is 'n visskoonmaakplek gebou. Dis ook hier waar die inwoners 'n groot rol gespeel het om dit self te doen.
Wihan Wegerath eienaar van WJ Crafts het die projek geïnisieer en saam met Doerie Pretorius en oom Sakkie Fourie, wat 'n bou-onderneming bedryf die volgende vermag:
• Loopvlak rondom kraaltjie is afgepleister.
• Visskoonmaak plek is afgerond en meer funksioneel gemaak.
• Die ry oppervlak is afgewerk.
Geld is van donateurs ingesamel en Wihan en Doerie het die projek gekoördineer tussen mense wat sand, klip, sement en ander benodighede geborg het.
Daar is ook 'n tweede fase waar bande en rubbermatte teen die kant van hawe aangebring gaan word om bote teen stampe en stote te beskerm.
Die afgelope paar maande word die sleephellings deur Wihan skoongespuit met chemikalieë. Hierdie chemikalieë word deur die publiek geborg. Dieselfde groep individue wat meestal hengelaars is verteenwoordig 'n groep genaamd, Witsand dive Info. Hierdie groep is betrokke by geldinsamelingsprojekte in die omgewing vir behoeftige sake. Dis op hierdie sosiale media platform dat die inligting gedeel word.
Lees 'n vorige artikel: Kraaltjie staan nou stewig
'Ons bring jou die nuutste Witsand, Hessequa nuus'