Gallery Video
ALBERTINIA NUUS & VIDEO - Albertinia museum het hul eerste kultuurdag Saterdag 27 Mei aangebied.
Vir ’n eerste keer was dit ’n groot sukses en baie inwoners en besoekers het kom inloer.
Trekkers, klassieke motors, volkspele, rieldanse en baie ander Suid-Afrikaanse en Afrikaner tradisies is gevier.
Toeskouers kon meer leer van byvoorbeeld waar volkspele vandaan kom. Kinders het boeresport, gesigverf, springkastele en baie ander kinderpret geniet. Ludwich Oosthuizen het gewys hoe hy velle met die hand brei.
Kyk 'n video hieronder:
Karen Temmingh het die begeleiding vir die volkspele gedoen.
Kiesha Isaacs sit in een van die klassieke motors wat uitgestal is.
• Lees meer in Suid-Kaap Forum en aanlyn.
'Ons bring jou die nuutste Albertinia, Hessequa nuus'