HEIDELBERG NUUS - Inbrake en diefstal vier tans hoogty in dié dorp en op plase in die streek. Dis veral die diefstal van koperkabels en -pype wat neig om handuit te ruk.
Die plaaslike polisie het 'n beroep gedoen op alle inwoners om nie gesteelde goedere aan te koop nie.
Volgens sers. Imorgene Hendricks, plaaslike mediabeampte, neem die soort misdaad teen 'n vinnige tempo toe en skep die kopers 'n mark vir diegene wat daarop uit is om te steel.
Sy noem dat sekere inwoners wat so gereeld die diewe se "winskopies” koop, deeglik bewus is daarvan dat die goedere onwettig bekom is.
'Ons bring jou die nuutste Heidelberg, Hessequa nuus'