STILBAAI NUUS - Grendeltyd het groot kosnood in baie huishoudings gebring.
Badisa Stilbaai, saam met die Riversdal-kantoor van die departement van maatskaplike ontwikkeling en Hessequa-munisipaliteit, doen alles in hul vermoë om verligting te bring.
Volgens Cornelia Giliomee van Badisa beskik die departement oor ’n lys van ontvangers van kospakkies in Stilbaai en Melkhoutfontein om duplisering so ver moontlik te verhoed.
Iemand wat aansoek vir ’n kospakkie wil doen, kan die tolvrynommer 0800 220 250 skakel. ’n Please Call Me kan ook na 079 769 1207 gestuur word.
'Ons bring jou die nuutste Stilbaai, Hessequa nuus'