STILBAAI NUUS - Die Stilbaai gemeenskap was op die oorlogspad nadat Hessequa-munisipaliteit op 21 Maart 'n advertensie vir openbare deelname in Suid-Kaap Forum geplaas het vir die verhuring en vervreemding van erf 1531, Hoofweg-Wes, net na die brug oor die Goukourivier.
'n Ontwikkelaar het belanggestel om 'n vyfverdiepinggebou op erf 1530 op te rig, maar hy het erf 1531 nodig om parkeerplek en motorhuise te vestig.
Volgens Didi Budricks, hoof van openbare betrekkinge en administrasie van Hessequa-munisipaliteit, het die Raad die aansoek afgekeur aangesien die munisipaliteit 'n gedeelte van erf 1531, Stilbaai-Wes, benodig vir die vestiging van infrastruktuur wat behels die opgradering van die Hoofweg en die vestiging van 'n elektriese substasie in die toekoms.
Volgens die gemeenskap sou die gebou afbreuk doen aan Stilbaai se karakter en hulle verwelkom dus die besluit.
‘Ons bring jou die nuutste Tuinroete, Hessequa, Karoo nuus’