ALBERTINIA NUUS - Die veldbrand wat naby Albertinia gewoed het is onder beheer gebring.
Tuinroete-distriksmunisipaliteit het bevestig dat daar op die suidwestelike lyn nog 'n paar warm kolle is, maar brandspanne is op die toneel om aandag te gee daaraan.
Die situasie sal vir die res van die dag gemonitor word, terwyl die opruimingswerk nog aan die gang is.
Geen infrastruktuur is beskadig nie.
Die Tuinroete-distriksmunisipaliteit versoek dat indien enigiemand 'n veldbrand gewaar, dit onmiddellik rapporteer word by 044 805 5071 of whatsapp by 081 709 5193.
‘Ons bring jou die nuutste Tuinroete, Hessequa, Karoo nuus’