HEIDELBERG NUUS - Groot ontevredenheid heers blykbaar by dié polisiestasie nadat 'n junior lid van die polisie, konst. Charlton Hopp op 6 Desember deur 'n senior lid gearresteer is en twee dae agter tralies moes deurbring.
Hopp is by 'n dokter se spreekkamer gearresteer nadat hy na bewering 'n polisievoertuig sonder toestemming geneem en die dorp verlaat het.
Hy is op 8 Desember op vryborg vrygelaat en het op 13 Desember weer verskyn.
Die saak is uitgestel na 16 Januarie 2018.
Op sy beurt het Hopp 'n teensaak van menseroof en crimen injuria teen die senior beampte aanhangig gemaak.
Kapt. FC van Wyk, mediawoordvoerder van die Wes-Kaap het bevestig dat Hopp vir die gebruik van 'n voertuig sonder die toestemming van die eienaar gearresteer is.
Die saak word ondersoek.
ARTIKEL: CLIVE PRETORIUS, SUID-KAAP FORUM KORRESPONDENT
'Ons bring jou die nuutste Heidelberg, Hessequa nuus'