HESSEQUA NUUS - Kan jy mooi sing, dans of selfs toneelspeel?
Dan moet jy so gou moontlik vir Gys Hough, een van die Makadas-straatmark se organiseerders kontak.
Die straatmark word vir die eerste keer op 4 en 5 Desember by die dorpsplein aangebied.
Heelwat plaaslike kunstenaars is reeds op die program, soos onder meer die Crusaders Kersfeeskoor, RUK, lyndansers en ook die digter, Bernard Fielies.
Skakel Hough by 079 497 6637 indien jy belangstel, of selfs vir navrae en stalletjiebesprekings.
• Lees meer in Suid-Kaap Forum en aanlyn.
'Ons bring jou die nuutste Hessequa nuus'