STILBAAI NUUS - Die Bloemfonteinse skrywer Zarine Roodt kom gesels Donderdag 22 September by die Tuin Op Die Brak-kiosk in Stilbaai oor haar nuwe memoire, 'n Dagreis Ver.
Sy vertel van haar stap-op-sestig in die Portugese Camino, maar gesels ook oor dinge wat ons almal raak: verhoudings, lewensoorgang en die soeke na betekenis - en hoe om die lewe met jou innerlike oog wawyd oop te stap.
In vandag se tye is dit beslis iets wat ons almal raak en met die boekjoernalis Elna van der Merwe wat die gesprek gaan lei, is dit 'n geleentheid om nie te mis nie.
Bespreek by Elna van der Merwe by 079 473 4374.
'Ons bring jou die nuutste Stilbaai, Hessequa nuus'