STILBAAI NUUS - Die volgende geleentheid vir kappers wat help om uitheemse indringerplante te verwyder, is Saterdag, 14 November.
Belangstellendes kom om 08:00 oorkant die plaaslike gholfklub se hek bymekaar, vanwaar hulle na die gebied wes van die dwarspad op standplaas 657 sal beweeg.
"Ons maak 'n verskil om hierdie indringerplante te verwyder," sê Deon Begemann, sameroeper.
Vir enige navrae of meer inligting kan hy gekontak word (082 4407910).
'Ons bring jou die nuutste Stilbaai, Hessequa nuus'