HESSEQUA NUUS - Klimaatsverandering is ’n werklikheid wat ’n mens nie meer kan ignoreer nie, want die tekens daarvan is oral om ons.
In die Suid-Kaap en Klein Karoo het klimaatsverandering tot ’n ongekende droogte van byna vyf jaar gelei wat mens en dier uitmergel.
Meer onlangs het dit gelei tot hewige storms, soos dié wat in George tot oorstromings gelei het. Dit het ook gelei tot besonder hoë getye wat die kuspad tussen Gouritsmond en Gourikwa-natuurreservaat oorspoel het.
Na verwagting sal klimaatsverandering in Hessequa tot veranderende temperature, laer reënval en ’n toename in die aantal en omvang van stormgetye lei wat met besonder hoë branders gepaard gaan. Dit sal ’n invloed op die kuslyn hê.
• Lees meer in Suid-Kaap Forum en aanlyn.
'Ons bring jou die nuutste Hessequa nuus'