HEIDELBERG NUUS - Raymond Saayman, kinderregte aktivis van Heidelberg wat ook 'n sopkombuis vanaf sy huis in Nerinalaan bedryf, het nie net die afgelope Kersseisoen gesorg dat kinders met 'n Kersete bederf word nie.
Die jaarlikse instelling wat hy met sy fondsinsamelingsprojek teen die N2 loods, is vanjaar met 'n bekende supermark in die dorp versterk deur skoolskoene aan ongeveer 60 kinders te skenk, wat deur Saayman oorhandig is.
Volgens hom wil hy meer behoeftige kinders met skoolskoene voorsien en spreek hy die hoop uit dat dié jaar se poging veel meer begunstigdes sal baat.
Hy doen 'n beroep op belangstellendes om hom te skakel (062 403 2373).
'Ons bring jou die nuutste Heidelberg, Hessequa nuus'