HESSEQUA NUUS - Die traumakamers van Riversdal sowel as Stilbaai-polisie het ‘n hupstoot gekry met skenkings van omgeepakkies.
Die pakkies is deur DAWN (Democratic Alliance women’s network) op onderskeidelik Donderdag 16 Januarie en Vrydag 17 Januarie oorhandig.
Volgens rdl. Thinus van den Berg van Hessequa-munisipaliteit is die DA dankbaar vir alles wat die polisie saam met die plaaslike gemeenskappe doen om slagoffers van geweld te bemagtig.
Die Stilbaai oorhandiging met agter, van links: Rdl. Thinus van den Berg, kapt. Johan van Tonder en sers. Christiana Lewaks. Voor: Norma Hill, Anwyn Potgieter, Anwyn Dreyer en Louise Mouton-Botha.
'Ons bring jou die nuutste Hessequa nuus'