STILBAAI NUUS - Dit is nie noodwendig groot en duur dinge wat mense gelukkig maak nie, maar eerder die klein dingetjies wat met liefde gedoen word.
‘n Fliekaand wat as deel van senior burger-maand deur Judy Goslin, afdelingsbestuurder van Feedem by Carewell-hospitaal in Stilbaai gereël was, is ‘n bewys hiervan.
Die senior burgers wat in Carewell se versorgingsafdeling is en dit bygewoon het, was Vrydagaand, 30 Oktober duidelik baie opgewonde oor die vooruitsig, veral omdat dit ‘n Western uit toeka se tyd was.
Lees meer in Suid-Kaap Forum en aanlyn.
Foto: Wilma Adamson
'Ons bring jou die nuutste Stilbaai, Hessequa nuus'