Ongeveer 340 leerders is bereik met die vertonings met die tema 'Molestering'. Volgens Luzanne Geldenhuys, Kindersorg se gemeenskapsontwikkelingswerker, het hulle die nood gesien om die jongspan gedurende dié spesifieke week oor die netelige kwessie te bemagtig. "Die euwel steek oral kop uit in ons gemeenskappe en word die booswigte wat dit doen, nie altyd blootgestel nie".
Geldenhuys vertel dat die leerders dit baie geniet en ywerig deelgeneem het. Boekmerke oor kinderregte en joghurt is aan die leerders uitgedeel. Die program is maar 'n druppel in die emmer, maar volgens haar voel hulle dat dit darem 'n verskil in die kinders se siening maak as daar so na hulle gekyk word in hul daaglikse handelinge teenoor ander kinders.

Cathy Alberts gee 'n joghurt aan 'n baie kameraskaam leerder.