Gallery
HEIDELBERG NUUS - Kindersorg Heidelberg in samewerking met verskeie plaaslike instansies, asook Hessequa munisipaliteit het Donderdag 4 Desember die 16 Dae van Aktivisme-veldtog met ’n optog gevier.
Die verrigtinge het by Diepkloof Jeugsentrum ’n aanvang geneem.
Fotogalery: Kindersorg Heidelberg 16 Dae van Aktivisme veldtog
Wyksraadslid Gerald Boezak het die aanwesiges aangemoedig om betrokke te raak. Hy het ook die eed om geweld teen vroue en kinders te ondersteun, geteken.
Die rolspelers van verskeie instansies is vasberade om hul deel by te dra om die euwel van geweld teen vroue en kinders te oorwin. Heel links staan Glenda Pretorius, Heidelberg Kindersorg voorsitter.
'Ons bring jou die nuutste Heidelberg, Hessequa nuus'