Gallery
HEIDELBERG NUUS - Die plaaslike Kindersorg-personeel en hul vrywilligers het Saterdag 25 November hul jaarlikse 16 Dae van Aktivisme-bewusmakingsveldtog geloods.
Dié veldtog teen geweld en mishandeling van vrouens, kinders en ouer persone het onder die bekwame leiding van Danielle Osche, maatskaplike werker en hul span vrywilligers in die middedorp buite ’n supermark afgeskop.
Verbygangers is deur die projekspan oor die belangrikheid van die veldtog meegedeel, omdat geweld teen die mees kwesbaarste sektor in die gemeenskap verál die tyd van die jaar geweldig toeneem.
Lees meer in Donderdag se Suid-Kaap Forum.
ARTIKEL & FOTO'S: CLIVE PRETORIUS, SUID-KAAP FORUM KORRESPONDENT
'Ons bring jou die nuutste Heidelberg, Hessequa nuus'