RIVERSDAL NUUS - Kindersorg SA hou hul algemene jaarvergadering op Donderdag 21 September.
"Hierdie vergadering is vir ons as personeel 'n groot geleentheid, omdat ons terugvoering oor ons jaarlikse werksaamhede gee.
"Ons nooi dus een en elk uit om te kom luister na die take wat deur ons verrig word," sê Shahida Filander, administratiewe beampte.
Dit sal by Kindersorg om 18:00 plaasvind en verversings sal na afloop van die vergadering bedien word.
"Ons sien uit daarna om die gemeenskap in te lig en belowe dat dit nie lank sal aanhou nie."
'Ons bring jou die nuutste Riversdal, Hessequa nuus'