Gallery
HEIDELBERG NUUS - Heidelberg Kindersorg het in samewerking met Louise Kluyts, bekende kunstenaar, omgewingsbewustheids- en gemeenskapsaktivis, besluit om dié maand hulle toe te spits om ’n groep vroue te bemagtig met broodnodige vaardighede om hul lewensomstighede te verbeter.
Die loodsing van hul breiprojek het Woensdag 8 Augustus in die Duivenhoks Gemeenskapsaal afgeskop.
Benewens Kluyts wat die vroue toegespreek het, het Danielle Osche, plaaslike maatskaplikewerker, asook Jolandé Hendricks, Hessequa Toerismebeampte, die nagenoeg 20 vroue kortliks toegespreek.
Kluyts het die belangrikheid om ’n vaardigheid te bemeester aan hulle uitgestippel.
Lees meer in Suid-Kaap Forum en aanlyn.
'Ons bring jou die nuutste Heidelberg, Hessequa nuus'