ALBERTINIA NUUS - Kindersorg Albertinia het op 3 September saam met die Protea-kleuterskool Loslitdag by die skooltjie gevier.
Hierdie jaar se tema was durf en deernis en Kindersorg en Protea Kleuterskool het hulle plakkers by Huis Wallace in Riversdal gekoop.
Die kinders is bederf met verskillende aktiwiteite en het baljaar op 'n springkasteel wat Charles Prins geborg het. Die personeel het hulle self opgetof in verskillende kleure vir Loslitdag.
'Ons bring jou die nuutste Albertinia, Hessequa nuus'