Vir die meeste van hierdie seuns en dogters was dit die eerste keer buite die Suid-Kaap streek. Binne hierdie twee dae is soveel as moontlik plekke besoek, onder andere Monkey Town, die W&A Waterfront, die Akwarium, asook Kaapstad Tuine en Mineral World.
Hierdie leerders het ook die geleentheid gehad om hulself op die ysskaatsbaan te geniet. In Houtbaai het hulle 'n heerlike middagete geniet en ook interaksie met die robbe gehad. In Simonstad het hulle die groot skepe van die SA-Vloot gesien.
Joy Kids het ook die wynland in Riebeeck Vallei, waar hulle die aand in Riebeeck Kasteel oorgeslaap het, besoek.
"Graag bedank ons André van Wyk en Frans Myburgh, asook Christelle Oosthuizen vir die bydrae wat hul gelewer het om hierdie toer moontlik te maak. Ons bedank ook elkeen in die Riversdal gemeenskap wat 'n lootjie gekoop het of dalk op 'n ander manier 'n bydrae gelewer het. U kan daarvan verseker wees dat elkeen van hierdie spesiale leerders dit opreg waardeer en dit baie geniet het. Dit was 'n ervaring wat hulle nog vir lank sal onthou," het die skoolhoof, Danie van der Nest gesê. Hul leuse is - "We walk slow, but we walk with joy."
Die leerders op hul Kaapse toer.
'Ons bring jou dei nuutste Riversdal, Hessequa nuus'