Update
HESSEQUA NUUS - Denis Joseph (LP) het Saterdag 22 Junie tydens 'n funksie op Riversdal van Hessequa afskeid geneem.
Al die DA-aktiviste is tydens die geleentheid bedank vir hul harde werk voor en tydens die 2019 nasionale en provinsiale verkiesing.
Joseph was vanaf 2014 die DA politieke hoof van die streek en sy termyn verstryk op 30 Junie, waarna hy op 1 Julie as nuwe kiesafdelingshoof in die Metro sal begin. Joseph het na die sukses wat die DA in die tussenverkiesing van wyk 4 behaal het verwys en noem dat dié uitslae Hessequa op nasionale vlak in Suid-Afrika geplaas het.
"Die sukses wat daar plaasgevind het, kan toegeskryf word aan die dissipline binne die DA en leiers wat 'n plan volg."
Hy het bygevoeg dat hy met 'n swaar hart afskeid neem,omdat hy in die vyf jaar baie mense ontmoet het wat 'n invloed op sy lewe gehad het.
Hy wens die DA kiesafdelingbestuur sterke toe vir die toekoms, asook groot sukses met die munisipale verkiesing in 2021.
Lees 'n vorige artikel hier: Joseph groet streek
'Ons bring jou die nuutste Hessequa nuus'