Die jongspan het hul speeltyd opgeoffer om rommel in hul woonbuurte op te tel in 'n inisiatief, wat deel vorm van die Goringhaicona Khoi-Khoi se Helping Hands voedingsprojek.
Volgens hoofman Deon October het hulle besluit om hul woonbuurt, Melrose Place en Kwa Kwa op te ruim omdat die gebied baie aandag kort. Na afloop van die opruimaksie was daar heerlik gesmul aan sap en vrugte, waarna speletjies gespeel is tot etensuur.
Hoofman Johny Koker noem dat hul dringend 'n behoefte het vir 'n plek om die kos te maak en uit te deel aan behoeftiges.
"Ons is bereid om 'n struktuur hier in Melrose Place op te rig indien die Hessequa raad ons kan bystaan".
Volgens hom is befondsing ook tans 'n knelpunt as dit kom by voedselaankope om die sopkombuis aan die gang te hou.
* Persone wat wil bydra tot die Goringhaicona Khoi-Khoi voedingsprojek is welkom om hulle te besoek by Melrose Place 41, Riversdal of kontak Koker by 081 595 2621 of October by 076 952 9723.
SIEN FOTOGALERY
Daar is heerlik gesmul aan vrugte na afloop van die skoonmaak aksie.
'Ons bring jou die nuutste Riversdal, Hessequa nuus'