HESSEQUA NUUS - Kersvader se rooi sak was defnitief nie gevul met medikasie om by apteke af te lewer nie.
Verskeie apteke binne die Hessequa-gebied, asook omliggende areas het voor Kersfees versigtig met medikasie vir Lamotrigine (epilepsie en psigiatrie) te werk gegaan.
Nadia Ferreira, kommunikasiebeampte vir die Wes-Kaapse Regering se departement gesondheid het bevestig dat ten tye van Kersfeesvieringe daar 'n tyd was waar dit moeilik was om medikasie soos vir psigiatrie te kry.
Ferreira het egter met die aanbreek van die nuwe jaar gesê, "ons het tans voldoende voorraad."
Volgens Ferreira het Covid-19 definitief 'n effek op mense se spanningsvlakke. "Ons het egter geen bewyse dat dit die verbruik van anksiolitika binne die publieke sektor verhoog het nie."
'Ons bring jou die nuutste Hessequa nuus'