Gallery
SLANGRIVIER NUUS - Die Nuwe Apostoliese Kerk op Slangrivier het Sondag 28 Julie hul ‘Kersfees in Julie’ in die plaaslike gemeenskapsaal gehou.
Die funksie, wat ’n heerlike dinee behels het, is onder leiding van Sophia en Eric Pieters geloods om geld vir hul gemeente se bejaardes en kleuters se jaareindfunksie te in.
Volgens Pieters het sy, met die hulp van haar susters besluit om die funksie te hou.
Sy het almal vir hul ondersteuning aan die projek bedank en die hoop uitgespreek dat hulle in die nabye toekoms weer hul ondersteuning vir die ander funksies sal gee.
Sophia Pieters saam met van die jongspan wat ook die dinee bygewoon het.
• Lees meer in Suid-Kaap Forum en aanlyn.
'Ons bring jou die nuutste Slangrivier, Hessequa nuus'