SLANGRIVIER NUUS - Boosdoeners het vir die soveelste keer die gemeente van die Nuwe Apostoliese Kerk op Slangrivier 'n gevoelige slag toegedien toe hulle weer by die kerk ingebreek het.
Dié keer is by die babakamer se venster toegang verkry.
Adjudant-offisier Alroy Windvogel, plaaslike kommunikasiebeampte, asook distriksoudste van die kerk se streek bevestig toe die gemeenteleier, evangelis Willem Salmon Sondagoggend, 30 Augustus by die kerk opdaag, het Bybels en ander dokumente, asook nagmaalbrood (wafers) oral rondgelê.
Hulle kon nog nie vasstel of enigiets gesteel is nie, maar dit wil voorkom asof die kwaaddoeners na geld gesoek het. "Ek wil dit pertinent stel dat geen geld in die kerk gestoor word nie."
Windvogel doen 'n beroep op enigiemand met inligting om die polisie (082 522 1245 of 028 722 1910) te kontak. 'n Beloning word aangebied vir inligting wat tot die skuldigbevinding van die boosdoeners sal lei.
'Ons bring jou die nuutste Slangrivier, Hessequa nuus'