STILBAAI NUUS - Belangstellende inwoners van Stilbaai wat wil help om van indringerplante ontslae te raak, kan hul hulp Saterdag 8 Oktober aanbied.
Kappers gaan in die Skulpiesbaai-natuurreservaat aangrensend aan Bosbokduin kap (sien aangehegte kaart).
Almal kom om 08:00 by die Skulpiesbaai-parkeerruimte langs die see waar die rioolplaaspad eindig bymekaar.
'Ons bring jou die nuutste Stilbaai, Hessequa nuus'