HESSEQUA NUUS - Die eerste klompie items wat ons met ons GET (Group Editors Together) Oliver Twist-projek ingesamel het, is Woensdag 19 Februarie aan Lillian Burke van KANSA oorhandig.
Hoewel ons hoofsaaklik op die Hessequa-streek se traumakamers fokus, sluit ons nie ander nie-winsgewende organisasies uit nie en die items in die sakke is meer vir kankerpasiënte geskik.
Persone wat belangstel om vir ons te brei of items te skenk, kan Wilma Adamson gedurende kantoorure by ons gebou in Heidelbergweg 29, Riversdal besoek of haar by 028 713 2468 kontak.
'Ons bring jou die nuutste Hessequa nuus'