Video
RIVERSDAL NUUS EN VIDEO - Die plaaslike Kansa-tak gaan hierdie jaar baie fondsinsamelingsprojekte aanbied waarby die gemeenskap betrokke kan raak.
Volgens Kansa-gemeen-skapsmobiliseerder, Lucinda Viljoen, beplan hul 'n vol program vir hierdie jaar.
Sy noem dat die gemeenskap hulle kan help met hul huidige fondsinsamelingsprojek waar hulle die dorp in pers wil tooi.
"Ons wil hê almal in Riversdal en omgewing moet wys hul gee om. Die gemeenskap en besighede kan die pers lap enige plek vertoon. Die lap is te koop teen slegs R30 per meter."
Dit is ook die tema van vanjaar se Relay for Life - The power of purple. Dit sal op Saterdagaand 11 November om 18:00 by die rugbyklub begin. Dit sal tot Sondagoggend 12 November om 10:00 voortduur.
Die reëlingskomitee vir die groot projek is reeds druk besig om te sorg dat dit weer 'n reusesukses sal wees.
Projekte wat die gemeenskap kan ondersteun is:
• Nella Perks wat op die oorwinnaarsportefeulje is sal op 15 September 'n sing-a-long hou.
• Die Relay-spanne hou op 24 September 'n fondsinsameling.
• Bark for Life vind op 7 Oktober plaas by die skouterrein.
• Die Purple Sunset Walk met die oog op kankerbewusmaking sal op 13 Oktober plaasvind.
• Aloe Ridge-gemeente hou 'n spanfondsinsameling op 24 Oktober. Om meer oor hierdie uit te vind skakel Viljoen by 082 663 3529 of Elfrieda Pieterse by 072 374 8025. Lap kan ook by Pieterse bestel word. Viljoen noem ook dat daar 'n piekniek op die plaas in die beplanningsfase is.
"Op hierdie stadium kan ons nie veel sê nie, maar 'n bekende sanger sal tydens die geleentheid optree. Ons sal wel later volledige besonderhede deurgee."
Kyk 'n video hieronder:
ARTIKEL, VIDEO EN FOTO: ELIZE BLOM, SUID-KAAP FORUM JOERNALIS
'Ons bring jou die nuutste Riversdal, Hessequa nuus'