RIVERSDAL NUUS - Die plaaslike kameraprojek om sekuriteitskameras in en om die dorp aan te bring, het onlangs weer 'n hupstoot gekry.
Grant Riddles, uitvoerende burgemeester van Hessequa-munisipaliteit, het 'n donasie vir die doel aan die trustees van Riversdal Beveiliging oorhandig.
Die geld sal help om die doelwit van 'n tweede kamera langs die N2 moontlik te maak, maar die mikpunt van R200 000 is nog nie in sig nie.
Die taakspan doen opnuut 'n beroep op Riversdallers om 'n bydrae te maak.
Bankrekeningbesonderhede
Rekeninghouer: Riversdal Beveiliging
Bank: Standard Bank Marketlink
Rekeningnommer: 1805 54034.
Van links is Johan Crous (trustee), Jacques Coetzer (voorsitter: Riversdal-sakekamer), André Louw (trustee), Beth Paine (voorsitter: Riversdal GPF), Grant Riddles en Andrew Stroebel (speaker).
'Ons bring jou die nuutste Riversdal, Hessequa nuus'