HEIDELBERG NUUS - Oud-leerders van Kairos Senior Sekondêre skool het besluit om geld vir die skool te in deur verskeie reünies van leerders wat sedert die skool sy deure op 18 April 1994 oopgestel het, te reël.
’n Massa reünie word vir die naweek van 1 tot 3 Mei 2020 beplan.
Intussen het die groep, Alumni, met mini-reünies op Vrydag 14 tot Sondag 16 Junie begin, wat dan ook ’n Mnr. en Mej. Heidelberg modeskou ingesluit het.
Al die deelnemers het die volgepakte Duivenhoks-gemeenskapsaal in vervoering met hul elegante passies op die loopplank gehad.
Die finaliste is staande toegejuig.
• Lees meer in Suid-Kaap Forum en aanlyn.
'Ons bring jou die nuutste Heidelberg, Hessequa nuus'