HEIDELBERG NUUS - ‘Jy is wie jy is’ is die leuse van die plaaslike model- en afrondingskool, wat onlangs ‘n funksie gehou het vir mindervoorregte kinders.
Die geleentheid is Vrydag 4 Augustus aangebied om geld in te samel vir kos en klere aan behoeftige kinders. Dit is deur Chantell van Staden, eienaar van die modelskool georganiseer.
Hierdie was ook ‘n geleentheid vir meisies van die gemeenskap om bymekaar te kom en hulself te geniet.
Die meerderheid van die jonger deelnemers was self minderbevoorregte kinders wat deel is van die dorp se geliefde Raymond Saayman-kinderprojek.
“Dit was ‘n groot voorreg om ‘n glimlag op ‘n paar meisies se gesiggies te sit, net deurdat hulle hulself kan wees en hul beste self kan uitleef. Al was dit net ‘n pragaand en roem vir ‘n paar minute, sal die aand se geluk nog lank in hulle lewens onthou word.”
Agter, van links is Chante McDonald, eerste prinses, Nicola Hanekom, Mej. Persoonlikheid en Lynette Alberts, tweede prinses. Voor: Mej. Duivenhoks, Juan-Mari van Dyk.
ARTIKEL: ALETTA SUTHERLAND, SUID-KAAP FORUM KORRESPONDENT
'Ons bring jou die nuutste Heidelberg, Hessequa nuus'