STILBAAI NUUS - Hanri October, die jongste dogter van Helen en Santy October van Melkhoutfontein, het Donderdag 30 Maart haar B.Ed graad aan die Universiteit Wes-Kaap verwerf, met wiskunde en tale as haar hoofvakke.
Hanri het in 2015 aan Gerrit Du Plessis gematrikuleer en is sedert die begin van die jaar by Slangrivier Primêr in diens.
Veels geluk!
'Ons bring jou die nuutste Stilbaai, Hessequa nuus'