Dit volg nadat die bestuurders van die winkel een van hulle met sekere goedere gevang het wat hy na bewering sou gesteel het.
Dít het gebeur nadat hulle glo die verjaarsdag van een van die jeugdiges verlede Woensdagmiddag, 6 Augustus gevier het.
Volgens die hoofbestuurder het hy en sy mede-bestuurder, die jeugdige by die toonbank genader om die pak Dentyne kougom en blik karamel kondensmelk uit te haal wat hy versteek het, wat tot 'n onderonsie tussen hulle gelei het. Hulle het van die ander werkers aangesê om die polisie te bel terwyl hulle hom probeer binne hou.
Daar was 12 jeugdiges by die voorval betrokke. Van sy maats het agtergekom dat hy vasgekeer word en het toe die ingangsdeur bestorm en afgeskop, waarna daar chaos in die winkel was.
Volgens die sekuriteitswerker, Alli Slaju, is hy met 'n krat oor die kop geslaan, terwyl die bestuurder se vingers beseer is tydens die bakleiery.
Een van die vroulike werkers het dit as 'n toneel uit 'n wilde weste film beskryf en genoem dat dit vir haar soos 'n ewigheid gevoel het.
Suid-Kaap FORUM het die volgende dag die winkel besoek en die video opname wat tydens die voorval op die sekuriteitskamera vasgelê is self besigtig. Die bestuurders het 'n klag van aanranding en opsetlike saakbeskadiging aanhangig gemaak.
Volgens die bestuurders beraam hulle die skade op ongeveer R5 000.
Ses van die twaalf was gearresteer en is Vrydag, 8 Augustus vrygelaat en sou Dinsdag, 12 Augustus in die hof verskyn het. Die ander ses wat onder ouderdom is, is dieselfde Vrydag deur maatskaplike werkers geasseseer.
Een van die ses is 19 terwyl die ander vyf 18 jaar oud is.

Die ruit van die deur is in skerwe terwyl die ander een heeltemaal
uit is. Die veiligheidsstaal is ook tydens die aanval afgeskop deur
een van die jeugdiges.
ARTIKEL: CLIVE PRETORIUS, SUID-KAAP FORUM KORRESPONDENT
'Ons bring jou die nuutste Heidelberg, Hessequa nuus'