Gallery Video
RIVERSDAL NUUS EN VIDEO - Sowat 60 kinders van kleuters tot matrieks het Maandag 17 Junie aan ’n Jeugdagviering in die Thusongsentrum deelgeneem.
“Jeugdag is ’n dag waartydens die jeug hul stem moet dik maak en sê hulle het ook ’n plek in die samelewing,”
het Teslene Esau, leier van die verteenwoordigende raad van leerders (VRL) van Gerrit du Plessis Senior Sekondêre skool, hoofspreker by die Jeugdag, gesê.
“Of hul regte ontneem word, hang af van wat in hul huise gebeur. As daar nie reëls en riglyne in ’n huishouding is nie, kan hulle blootgestel word aan uitbuiting en kan hulle nie hul volle potensiaal bereik nie.”
Dit vat die tema van die Jeugdag, wat deur die polisie en die gemeenkapspolisieringsforum gereël is, saam. “Die doel van die dag is om die jeug bewus te maak van die gevare, soos dwelmmisbruik, wat die wêreld daarbuite inhou,” sê konst. Venia Daries, die polisie se skakelpersoon.
Kyk 'n video hieronder:
• Lees meer in Suid-Kaap Forum en aanlyn.
'Ons bring jou die nuutste Riversdal, Hessequa nuus'