JONGENSFONTEIN NUUS - 'n Plaaslike restaurant, Drie Pikkewyne het in Desember verlede jaar 'n rolstoel aan burgemeester Grant Riddles vir Hessequa se Rolstoelprojek geskenk.
'n Tweede rolstoel is op 13 Februarie vanjaar aan hom oorhandig. Die twee rolstoele is uit skenkings van die restaurant en inwoners van Jongensfontein aangekoop.
"Ons wil graag almal wat bygedra het, bedank," sê Rina Joubert.
'Ons bring jou die nuutste Jongensfontein, Hessequa nuus'