HEIDELBERG NUUS - Die kragtariewelys wat deur Alexander Panzek van Heidelberg op sosiale media geplaas is, het inwoners van Hessequa warm onder die kraag omdat dié streek as een van die duurste in die land beskou word.
Suid-Kaap Forum is die afgelope paar weke oorval deur ontstoke inwoners wat antwoorde van die munisipaliteit eis.
Die feit dat Eskom 'n tariefverhoging van 20,5% voorstel, sal vir menige inwoner wat reeds sukkel om kop bo water te hou, 'n verdere nekslag toedien, sou dit aanvaar word
Die kragtariewelys het inwoners behoorlik warm onder die kraag.
'Ons bring jou die nuutste Heidelberg, Hessequa nuus'