Update
HEIDELBERG NUUS - Dit is duidelik dat baie inwoners nie die erns van die gevreesde koronavirus besef nie, ondanks die feit dat die toename in infeksies in Heidelberg en Slangrivier onrusbarend styg.
Hoewel die nasionale en plaaslike regerings 'n dringende beroep op almal gedoen het om in hul huise te bly tensy dit uiters noodsaaklik is om uit te gaan, in welke geval maskers verpligtend is, is daar nog te veel inwoners wat dit verontagsaam.
Volwassenes kuier steeds oor en weer en kinders speel in die strate.
Adjudant-offisier Alroy Windvogel, die Heidelberg-polisie se kommunikasiebeampte rig 'n ernstige waarskuwing dat hulle persone wat sonder maskers in die openbaar verskyn, asook diegene wat nie by die 1,5 meter sosiale distansiëring hou nie, sal beboet soos deur die inperkingsregulasies neergelê.
Hy waarsku ook kerkleiers, veral dié wat van klein persele gebruik maak om dienste te hou, om die regulasies na te kom om vervolging te verhoed.
Ook hier is geen maskers te siene nie.
Vorige artikel: Dorpsgetalle styg onrusbarend
'Ons bring jou die nuutste Heidelberg, Hessequa nuus'