Gallery Update Video
HEIDELBERG NUUS EN VIDEO - Die afgelope drie dae, sedert die algehele inperking van 21 dae as gevolg van die koronavirus het baie inwoners van dié dorp blykbaar nie die erns van die gevreesde virus besef nie.
Hoewel die owerhede 'n dringende beroep op alle landsburgers gedoen het om aan die president se pleidooi om in hul huise te bly gehoor te gee, tensy dit uiters noodsaaklik is om dit te verlaat, was hier baie mense wat dit verontagsaam het.
Die winkels wat oop mag wees hou by die reëls, maar vele inwoners het die afgelope naweek as kuiertyd gebruik. Van die strate was wel veel stiller as gewoonlik, maar kinders en volwassenes het gereeld in groepe gespeel en rondgeloop.
Kyk nog foto's hier: Heidelberg tydens inperking
Volgens ao. Alroy Windvogel, polisiewoordvoerder het hulle 33 mense tydens die eerste drie dae aangekla en beboet.
Kyk 'n video hieronder:
Vorige artikel: Heidelbergers nie ernstig oor inperking
'Ons bring jou die nuutste Heidelberg, Hessequa nuus'