SUID-KAAP NUUS - Telkom het landlyne in landelike gebiede van die Wes-, Noord- en Oos-Kaap afgesny sonder om alternatiewe geriewe beskikbaar te stel.
Die burgerregte-organisasie, AfriForum het op 8 Maart met bestuurslede van Telkom en Openserve, wat verantwoordelik is vir die oprigting en instandhouding van Telkom se infrastruktuur, vergader.
Grant Evert, senior bestuurder van Openserve en Yvonne Lombaard, senior bestuurder van Telkom het onderneem dat geen landlyndienste na landelike gebiede verder afgesny sal word nie, tensy alternatiewe tegnologie vir geaffekteerde gebiede beskikbaar gestel word.
Lees meer in Donderdag se Suid-Kaap Forum, asook aanlyn.
'Ons bring jou die nuutste Tuinroete, Hessequa, Karoo nuus'