HESSEQUA NUUS - Persone ouer as 60 in die Hessequa-streek wat vir die Covid-19-inenting geregistreer het maar nog nie teen die virus ingeënt is nie, moenie moed verloor nie.
Volgens Nadia Fereira, woordvoerder vir die Wes-Kaap/Karoo department van gesondheid, word hierdie week met inentings voortgegaan.
Besonderhede (plek en datum)
Riversdal burgersentrum: 15-18 Junie
Witsand de Duine-saal: 15 Junie
Heidelberg Duivenhoks-gemeenskapsaal: 15 & 18 Junie
Albertinia Theronsville-saal: 17 & 18 Junie
Stilbaai burgersentrum: 15, 17 en 18 Junie
Slangrivier sateliet-kliniek: 18 Junie.
'Ons bring jou die nuutste Hessequa nuus'