STILBAAI NUUS - Presies 70 jaar gelede, op 26 Augustus 1955, het die destydse administrateur van die Kaapprovinsie, PJ Olivier, die brug oor die Goukourivier by Stilbaai geopen.
Dit was 'n feestelike geleentheid met honderde mense wat dit bygewoon het en natuurlik met hulle motors oor hierdie splinternuwe brug gery het.
Dit het meegebring dat die pont na bietjie meer as 20 jaar die einde van sy leeftyd bereik het.
Skielik was dit baie makliker en vinniger om Stilbaai te bereik en dit het meegebring dat al hoe meer vakansiegangers, veral Desembermaande, op Stilbaai toegesak het.
Met Stilbaai wat uit sy nate bars en al hoe meer permanente inwoners en vakansiegangers, vra al hoe meer mense vir 'n tweede brug om die verkeer te kan dra.
‘Ons bring jou die nuutste Tuinroete, Hessequa, Karoo nuus’