Video
RIVERSDAL NUUS EN VIDEO - Twee verdagtes wat kort na 02:00 Dinsdag 25 Junie by ’n winkel in Riverville ingebreek het, is binne 10 ure deur Riversdal-polisielede vasgetrek.
Die twee verdagtes, wat toegang tot die winkel gekry het deur die slotte aan die veiligheidshek af te breek, het weggekom met goedere ter waarde van meer as R20 000.
Beeldmateriaal van die verdagtes op sekuriteitskameras in die winkel het die polisie gehelp om hulle te eien as twee ‘bekende dwelmhandelaars’.
Die polisie is na die twee se huise waar hulle die gesteelde goedere gevind het. Hulle kom Woensdag 25 Junie in die Riversdal-landdroshof voor.
• Lees meer in Suid-Kaap Forum en aanlyn.
Kyk 'n video hieronder:
'Ons bring jou die nuutste Riversdal, Hessequa nuus'